Wildeklawer se datums vir 2021 bekend

Written by Correspondent

AbsaWildeklawer School of Rugby | Wildeklawer se datums vir 2021 bekend - School of RugbyDie 12de jaarlikse rugby- en netbaltoernooi van Absa Wildeklawer Sport sal volgende jaar vanaf 23-26 April te Kimberley plaasvind. ‘n Nuwe toevoeging tot die 2021-toernooi is die deelname van twaalf 0/16-netbalspanne.

Die laerskole-toernooi sal onmiddelik na afloop van die senior toernooi, ook in Kimberley aangebied word.

Die 2020-toernooi, wat al die leidende rugby- en netbalspanne in die land betrek, moes vanjaar weens die Covid-19 pandemie gekanselleer word.

Die toernooi, wat ook die deelname van skole se junior rugbyspanne insluit, word as die mees gesogde sporttoernooi in die land beskou. Twintig skole sal aan die senior rugby-, en twaalf aan die senior netbaltoernooi deelneem.

Absa het as mede-borg toegetree, en die moontlikheid om die bestaande toernooi na ander sportsoorte in die toekoms uit te brei, word tans ondersoek.

Die openingseremonie sal op Vrydag 23 April plaasvind. Saterdag 24 April en Maandag 26 April is die dae waarop wedstryde gespeel sal word.

Die wedstrydbepalings sal so spoedig gepubliseer word, maar die publiek kan na baie kompeterende, maar ook aanskoulike wedstryde uitsien wanneer die beste in die land mekaar aandurf.

[powr-comments id="480f9e16_1593515114330"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.