Bepalings van die Noordvaal Virsekerbeker se Beker-kompetisie van 2020

Written by Hannes Nienaber

Virsekerbeker School of Rugby | Bepalings van die Noordvaal Virsekerbeker se Beker-kompetisie van 2020 - School of RugbyDie kampioen van die Noordvaal Virsekerbeker se Beker-afdeling, die Hoërskool Menlopark, sal sal sy aanslag om die titel te behou teen Helpmekaar-kollege in 'n herontmoeting van verlede jaar se eindstryd afskop. Menlopark het Helpies met 44-17 in verlede jaar se eindstryd in Alberton getroef. 

Die 2020-seisoen sal ook 'n spesiale jaar vir die Noordvaal Skolerugby-vereniging wees. Dié vereniging sal die 100ste bestaansjaar van die kompetisie vier wat voorheen ook as die Administrateursbeker, Direkteurstrofee en Beeldtrofee bekend gestaan het.

Die eerste wedstryd in vanjaar se reeks behoort ook vir 'n opwindende tweestryd te sorg wanneer Waterkloof en Garsfontein mekaar die stryd sal aansê. Garsies was verlede jaar met 52-16 op sy tuisveld, Bere-park, baas. Vanjaar sal die wedstryd op Klofies se veld plaasvind en dié skool se eerstespan se breiers word versterk deur Renier de Villiers wat van HTS Drostdy as agterlynafrigter by die Blou Tornado aansluit. 

De Villiers het die Suidwestelike Distrikte as 'n heelagter tydens die Cravenweek in 2007 verteenwoordig. Hy was die afgelope paar jaar die hoofafrigter van die Donkies se eerstespan in Worcester. 

Albei skole het ook 'n nuwe Direkteur van Rugby vir die nuwe seisoen met Hendré Marnitz (Garsfontein) en Lukas Holtzhausen (Waterkloof) wat voortaan die sweep sal klap. 

Die nuweling in die reeks is Marais Viljoen van Alberton wat van die Plaat-kompetisie gepromoveer is. Die span sal in sy eerste toets teen Helpmekaar te staan kom. Die Goue Leeus het met die teenwoordigheid van Marais Viljoen nou die meeste skole wat in die Beker-afdeling van die reeks meeding. Helpmekaar, Monument en Noordheuwel vul saam met Marais Viljoen vier van die nege plekke in die kompetisie.  

Transvalia van Vanderbijlpark moes afskuif en speel vanjaar in die Plaat-kompetisie van die Virsekerbeker. 

Die eindstryd van van die toernooi sal op 22 Augustus beslis word, terwyl die halfeindstryde die week voor dit gespeel sal word. 

Die bepalings is (tuisspan eerste vermeld): 

Saturdag, 18 April 2020 

Waterkloof vs Garsfontein

Saterdag, 2 Mei 2020

Waterkloof vs HTS Middelburg
Menlopark vs Helpmekaar

Saterdag, 9 Mei 2020

Monument vs Waterkloof
HTS Middelburg vs Garsfontein
Noordheuwel vs EG Jansen
Helpmekaar vs Marais Viljoen

Saterdag, 16 Mei 2020

Monument vs Garsfontein
Menlopark vs Waterkloof
Noordheuwel vs Marais Viljoen
Helpmekaar vs EG Jansen 

Saterdag, 23 Mei 2020

HTS Middelburg vs Monument
Garsfontein vs Menlopark
EG Jansen vs Marais Viljoen
Noordheuwel vs Helpmekaar

Saterdag, 30 Mei 2020 

Menlopark vs Noordheuwel
Helpmekaar vs Monument
EG Jansen vs HTS Middelburg

Saterdag, 6 Junie 2020

Marais Viljoen vs HTS Middelburg
Waterkloof vs Noordheuwel

Saterdag, 11 Julie 2020 

Marais Viljoen vs Monument
Waterkloof vs Helpmekaar
Garsfontein vs Noordheuwel
Menlopark vs EG Jansen

Saterdag, 18 Julie 2020 

EG Jansen vs Monument
Garsfontein vs Helpmekaar
HTS Middelburg vs Menlopark

Saterdag, 25 Julie 2020 

Monument vs Noordheuwel
Marais Viljoen vs Garsfontein
Helpmekaar vs HTS Middelburg

Saterdag, 1 Augustus 2020 

Marais Viljoen vs Waterkloof
Noordheuwel vs HTS Middelburg
Monument vs Menlopark
Garsfontein vs EG Jansen

Saterdag, 8 Augustus 2020 

Marais Viljoen vs Menlopark
EG Jansen vs Waterkloof

[powr-comments id="995f64e0_1578301494215"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.