Wildeklawer Junior-toernooi se bepalings vir 2020

Written by Hannes Nienaber

Wildeklawer12 School of Rugby | Wildeklawer Junior-toernooi se bepalings vir 2020 - School of RugbyHier word die koring van die kaf geskei! 

Die Wildeklawer-toernooi vir junior-spanne (o.14, o.15 en o.16) sal volgende jaar vir die negende keer aangebied word. Die toernooi vind op 25 en 27 April in Kimberley plaas. Die toernooi het in 2012 ontstaan en word deur die Hoërskool Diamantveld georganiseer. 

Die toernooi was nog elke jaar buiten 2013 in die Diamantstad aangebied. In 2013 is die toernooi in Pietermaritzburg deur Maritzburg College tydens dié skool 150ste bestaansjaar. Van die land se voorste junior rugbyspelers sal tydens die toernooi in aksie wees.  

Die Wildeklawer Junior-toernooi word deur 54 spanne van 18 van die land se voorste rugbyskole bygewoon. Van die 18 skole wat aan die toernooi deelneem sal 16 van die skole se eerstespanne ook aan die Wildeklawer o.19-toernooi deelneem. 

Die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg en Transvalia van Vanderbijlpark is die ander twee skole wie se junior-spanne weer vanjaar uitnodigings ontvang om volgende jaar aan die junior-toernooi deel te neem. Albei skole se juniorspanne was ook vroeër vanjaar in die Diamantstad in aksie.

Tien van die 18 bepalings tussen die skolespanne stem ooreen met die skole se eerstespanne se bepalings tydens die toernooi vir o.19-spane. 

Die bepalings is: 

Saterdag, 25 April 2020

Affies vs Hoër Jongenskool Paarl
Waterkloof vs Oakdale Landbou
Monument vs Outeniqua
Grey-kollege vs Garsfontein
Glenwood vs HTS Drostdy
Menlopark vs Stellenberg
Helpmekaar vs Framesby
EG Jansen vs Diamantveld
Transvalia vs Noord-Kaap

Maandag, 27 April 2020

Monument vs Framesby
Waterkloof vs Stellenberg
Diamantveld vs Oakdale Landbou
Grey-kollege vs Menlopark
Affies vs Outeniqua
Hoër Jongenskool Paarl vs Garsfontein
EG Jansen vs Noord-Kaap
Helpmekaar vs HTS Drostdy
Transvalia vs Glenwood

[powr-comments id="cefb3c9e_1574409990650"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.