Hier is die skole wat in 2020 aan die Oakdale Rugbyweek sal deelneem

Written by Hannes Nienaber

OakdaleRugbyWeek School of Rugby | Hier is die skole wat in 2020 aan die Oakdale Rugbyweek sal deelneem - School of RugbyVan Vredendal in die weste tot HTS Port Rex in die ooste asook Ellisras in die noorde tot Bredasdorp in die suide is hoe ver die area strek van die 34 spanne wat in 2020 aan die 41ste jaarlikse Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal sal deelneem. Dan tel Windhoek Gimnasium ook nog boonop onder die spanne wat die gesogte week bywoon. 

Die 34 spanne wat op die gesogte week in aksie sal wees is twee meer as wat vroeër vanjaar aan die week deelgeneem het. Die Hoërskool Strand en Windhoek Gimnasium maak na hulle vanjaar afwesig was hul terugkeer, terwyl Jim Fouché (Bloemfontein), die Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Oudtshoorn, Hoërskool Langenhoven (Riversdal), HTS Port Rex (Oos-Londen), Swartland (Malmesbury) en Heidelberg Volkskool almal ook nuwe gesigte op volgende jaar se week sal wees.   

Duineveld, Lichtenburg, HTS Middelburg, Rockingham, Dinamika, Hoërskool Grens en Pionier is die sewe skole wat vanjaar in aksie was, wat nie volgende jaar die langpad na Riversdal sal aanpak nie.   

Die deelnemende spanne is: 

Oakdale Landbou, Die Brandwag (Uitenhage), Brackenfell, Diamantveld, Hermanus, Hoërskool Alberton, Augsburg Gimnasium, Jeugland, Hoërskool Bellville, Hugenote (Wellington), Despatch, Ellisras, Kempton Park, Hoërskool Klerksdorp, Langenhoven Gimnasium, Landboudal (Jacobsdal), Hoërskool Langenhoven, Hoërskool Oudtshoorn, Montagu, Potchefstroom Gimnasium, Oosterlig, Swartland, Robertson, HTS Port Rex, Hoërskool Strand, Hoërskool Upington, Voortrekker (Bethlehem), Overberg, Heidelberg Volkskool, Vredendal, Windhoek Gimnasium, Zwartkop. 

[powr-comments id="6bede068_1572253942836"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.