Kan iemand Grey stop om tweede jaar in 'n ry sewestitel te dra?

Written by Hannes Nienaber

NewsGKampioenKampioene School of Rugby | Kan iemand Grey stop om tweede jaar in 'n ry sewestitel te dra? - School of RugbyDit gaan keer kos om Grey-kollege te weerhou om sy titel as kampioen van die Kampioen van Kampioene-toernooi te behou. 

Die span van die Rosestad het geen probleme ondervind om die Hoërskool Alberton (34-7) en die Hoërskool Grens van Oos-Londen (55-0) in sy twee groepwedstryde op die eerste dag af te ransel nie. Grey kom vandag om 09:00 in die kwarteindronde teen Lichtenburg te staan. 

Die derde Kampioen van Kampioene-toernooi in die nasionale Hoërskole Sewesreeks word vanjaar ook deur Grey-kollege aangebied. Die eerste twee jaar se toernooi was deur Camp Discovery aangebied. 

Marlow Landbou van Cradock se Wolblitse het ook met hul spel tydens die eerste dag beïndruk deur sy twee groepwedstryde teen Lichtenburg (45-19) en Helpmekaar-kollege (17-14) te wen. Die Wolblitse kom in die kwarteindronde teen die Hoërskool Alberton te staan. 

Die Allies het danksy 'n beter punteverskil weens hul durf teen Grey tot die kwarteindronde van die Beker-afdeling deurgedring. Die span van Alberton en Grens het met 19-elk gelykop in hul groepwedstryd gespeel. 

Westville Boys' High het na seges oor Heidelberg Volkskool (24-19) en HTS Middelburg (28-14) sterk tot die voorgrond getree. Die span van Durban kan egter vandag sterk teenstand teen Framesby van Port Elizabeth verwag. 

Die span van die Baai sou sonder twyfel onkant deur die verskriklike hitte gevang gewees het, wat hom ingewag het toe hulle in die Rosestad aangeland het. Framesby het in sy eerste wedstryd teen die Hoërskool Rustenburg met 10-31 'n drag slae ontvang. Hy het egter daarna herstel en Noord-Kaap van Kimberley met 21-17 getroef om sy plek in die Beker-afdeling se uitspeelrondes te bespreek.

HTS Middelburg kom in die ander kwarteindstryd teen die Hoërskool Rustenburg te staan. 

Al die uitslae: 

Groep A: Hoërskool Alberton 19, Hoërskool Grens 19; Grey-kollege 34, Hoërskool Alberton 7; Grey-kollege 55, Hoërskool Grens 0.

Groep B: Marlow Landbou 45, Lichtenburg 19; Lichtenburg 21, Helpmekaar-kollege 19; Marlow Landbou 17, Helpmekaar-kollege 14.

Groep C: HTS Middelburg 21, Heidelberg Volkskool 17; Westville Boys' High 24, Heidelberg Volkskool 19; Westville Boys' High 28, HTS Middelburg 14.

Groep D: Hoërskool Rustenburg 31, Framesby 10; Noord-Kaap 19, Hoërskool Rustenburg 19; Framesby 21, Noord-Kaap 7.

Vandag se uitspeelwedstryde: 

KWARTEINDRONDE - BEKER: 09:00 - Grey-kollege vs Lichtenburg; 09:20 - Marlow Landbou vs Hoërskool Alberton; 09:40 - Westville Boys' High vs Framesby; 10:00 - HTS Middelburg vs Hoërskool Rustenburg.

HALFEINDRONDE - BOWL: 10:20 - Helpmekaar-kollege vs Hoërskool Grens; 10:40 - Heidelberg Volkskool vs Noord-Kaap.

[powr-comments id="182f2002_1571458009525"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.