Hier is Wildeklawer se spanne vir 2020

Written by Hannes Nienaber

Wildeklawer-logo School of Rugby | Hier is Wildeklawer se spanne vir 2020 - School of RugbyDaar is slegs een verandering aan die spanne wat in 2020 aan die 12de jaarlikse Wildeklawer-toernooi in Kimberley sal deelneem. Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch wat vanjaar weens sy deelname aan die Sanix-toernooi in Japan nie op Wildeklawer in aksie was nie, maak sy terugkeer tot die toernooi. 

Paul Roos sal die Hoërskool Transvalia vervang wat nie weer 'n uitnodiging ontvang het nie. Die span van die Eikestad is vanjaar as kampioen van die Sanix-toernooi gekroon na hy vir St Peter's College van Nieu-Seeland met 52-5 in die eindstryd gekarnuffel het. 

Transvalia se eerstespan het 'n moeilike seisoen agter die rug en het vanjaar tydens hul eerste verskyning op die Wildeklawer-toernooi teen Paarl Gimnasium (7-73) en Boland Landbou (15-59) behoorlike drag slae ontvang.  

Al die ander spanne wat in vroeër vanjaar in aksie was, sal weer 'n bydra tot die skouspel lewer. Die bepalings vir die toernooi sal op 'n latere stadium bekend gemaak word. 

Die spanne vir Wildeklawer 2020 is: 

Affies, Boland Landbou, Diamantveld, HTS Drostdy, Framesby, Garsfontein, Glenwood, Grey-kollege, Helpmekaar-kollege, Hoër Jongenskool Paarl, Menlopark, Monument, Noord-Kaap, Oakdale Landou, Outeniqua, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Stellenberg, Waterkloof, Welkom Gimnasium. 

Verwante Stories: 

DigiTV to bring all the matches of Wildeklawer live to you

[powr-comments id="88a56396_1570444166833"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.