Garsfontein stel nuwe Direkteur van Rugby aan

Written by Hannes Nienaber

NewsGHendreMarnitz School of Rugby | Garsfontein stel nuwe Direkteur van Rugby aan  - School of RugbyDie Hoërskool Garsfontein het Donderdag aangekondig dat Hendré Marnitz voortaan die posisie as Direkteur van Bere-Rugby sal beklee. Marnitz het hom vroeër vanjaar by die afrigtingspan van Garsfontein aangesluit na hy vanuit Wallis na Suid-Afrika teruggekeer het. 

Marnitz sal die pos vul wat vakant gelaat is, na Ryno van der Merwe besluit het om die pos as Direkteur van Rugby by die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria te aanvaar. Van der Merwe sit reeds vanaf 1 Oktober in sy nuwe stoel. 

"Sy persoonlike visie vir rugby is om spelers se vaardighede te ontwikkel sodat hulle onder druk kan speel. Sy pad tot dusver in rugby getuig van sy vermoëns om die Bere na nuwe hoogtes te neem," lui die verklaring van die Hoërskool Garsfontein. 

Marnitz het in 2012 die nasionale span van Indië gebrei. Hy was tussen 2016 en 2017 die verdedigings-afrigter van die Walliese klubspan, die Dragons. Marnitz was ook in 2016 aangestel om die Blou Bulle se Curriebeker-span af te rig. 

Marnitz word hoog deur afrigters soos Heyneke Meyer en Pote Human aangeslaan

Marnitz sal die taak hê om die Bere se handelsmerk, wat reeds baie bekend is in SA, uit te bou. Hy sal ook afrigters bemagtig en rugby by die skool op ‘n hoë-vlak bestuur. Die aanvallende spelpatroon, eie aan die Bere, sal op sy prioriteitslys wees.

[powr-comments id="eac6bd9e_1568887634805"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.