Boishaai se Blitze behou hul titel as kampioen van die Marius Schoeman 7s-toernooi

Written by Hannes Nienaber

NewsGBoishaaiKamp School of Rugby | Boishaai se Blitze behou hul titel as kampioen van die Marius Schoeman 7s-toernooi - School of RugbyDie Hoër Jongenskool Paarl het sy titel as kampioen van die Marius Schoeman Sewes-toernooi vir o.17-spanne Saterdag suksesvol verdedig. Boishaai het vir Monument van Krugersdorp met 24-7 in die eindstryd verslaan. 

Die toernooi is vanjaar vir die derde keer op Paarl Gimnasium se velde in die Paarl aangebied. Boishaai het verlede jaar vir Grey-kollege in die eindstryd met 24-5 die loef afgesteek. 

Boishaai het met die verowering van dié titel ook sy plek in die Twizza Kampioen van Kampioene-toernooi later vanjaar bespreek. Die toernooi waar Suid-Afrika se seweskampioen vir 2019 gekroon sal word, sal op 18 en 19 Oktober op Grey-kollege se velde in Bloemfontein beslis word. 

Die Boishaai Blitze se Hakeem Kunene is as die Speler van die Toernooi na afloop van die Marius Schoeman-toernooi aangewys. Die kampioen het sy plek in die eindstryd met 'n oorwinning van 17-14 oor die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria bespreek. 

Affies is onlangs as kampioen van die Montana-sewes in Pretoria gekroon. In die ander halfeindstryd het Monnas vir Oakdale Landbou met 31-22 geklop om tot die eindstryd deur te dring. 

Paarl Boishaai het in sy laaste groepwedstryd teen die saamgeflansde Paarl Barbarians probleme ondervind en kon slegs 'n gelykop-uitslag van 5-elk afdwing. Hulle het wel genoeg in hul eerste twee poelwedstryde teen Hermanus (45-0) en Paarl Gimnasium (31-0) gedoen om sy plek bo-aan die puntelys te verseker. Die kampioen het daarna vir die Hoërskool Durbanville met 12-7 in die kwarteindronde uitgeskakel. 

Monnas het in sy eerste groepwedstryd teen Boland Landbou met 19-26 in die stof gebyt. Die span van Krugersdorp het daarna die Vuka SA Legends (62-0) en Milnerton (51-0) behoorlik afgeslag om tot die uitspeelrondes van die Beker-afdeling deur te dring. Monnas het bo-aan Groep E geëindig na Boland Landbou teen Milnerton (15-29) op verrassende wyse vasgeval het.  

Oakdale Landbou van Riversdal sal baie tevrede met hul derde plek op die toernooi wees. Hy het Affies in die uitspeelwedstryd om die posisie met 31-19 verslaan.

Die jaarlikse Noordvaal-toernooi vind Vrydag en Saterdag op die Hoërskool Menlopark se velde in Pretoria plaas. 

Al die uitslae: 

Groep A: Affies 33, HTS Drostdy 5; Tygerberg 24, Overberg 12; Affies 43, Overberg 7; HTS Drostdy 38, Tygerberg 0; Affies 63, Tygerberg 0; HTS Drostdy 28, Overberg 5.

Groep B: Durbanville 33, Paul Roos 10; Amdec Blitze 26, Parel Vallei 12; Paul Roos 48, Parel Vallei 0; Durbanville 28, Amdec Blitze 19; Durbanville 31, Parel Vallei 12; Amdec Blitze 22, Paul Roos 21.

Groep C: Oakdale Landbou 29, Stellenberg 21; Garsfontein 33, Douglas 5; Garsfontein 26, Stellenberg 0; Oakdale Landbou 57, Douglas 0; Oakdale Landbou 31, Garsfontein 12; Stellenberg 33, Douglas 0.

Groep D: HJS Paarl 45, Hermanus 0; Paarl Gimnasium 24, Paarl Barbarians 0; HJS Paarl 31, Paarl Gimnasium 0; Hermanus 17, Paarl Barbarians 12; Paarl Gimnasium 48, Hermanus 12; HJS Paarl 5, Paarl Barbarians 5.

Groep E: Boland Landbou 26, Monument 19; Milnerton 19, Vuka SA Legends 5; Monument 62, Vuka SA Legends 0; Milnerton 29, Boland Landbou 15; Monument 51, Milnerton 0; Boland Landbou 35, Vuka SA Legends 0.

Groep F: Outeniqua 24, Noordheuwel 14; Brackenfell 14, Paulus Joubert 5; Outeniqua 31, Brackenfell 5; Noordheuwel 36, Paulus Joubert 5; Outeniqua 40, Paulus Joubert 5; Noordheuwel 26, Brackenfell 24. 

KWARTEINDRONDE - Beker: Affies 45, HTS Drostdy 14; Monument 38, Outeniqua 21; Oakdale Landbou 19, Garsfontein 14; HJS Paarl 12, Durbanville 7. Plaat: Paarl Gimnasium 40, Brackenfell 0; Paul Roos 38, Noordheuwel 5; Boland Landbou 26, Stellenberg 21; Amdec Blitze 36, Milnerton 7. Bowl: Hermanus 28, Douglas 19; Tygerberg 22, Vuka SA Legends 17; Overberg 20, Paulus Joubert 0; Paarl Barbarians 34, Parel Vallei 0. 

UITSPEELWEDSTRYDE - 3/4: Oakdale Landbou 31, Affies 19; Outeniqua 19, Garsfontein 14; Durbanville 20, HTS Drostdy 14; Noordheuwel 26, Stellenberg 22; Milnerton 19, Brackenfell 17; Parel Vallei 26, Vuka SA Legends 7; Douglas 10, Paulus Joubert 0.

HALFEINDRONDE - Beker: HJS Paarl 17, Affies 14; Monument 31, Oakdale Landbou 22. Plaat: Paarl Gimnasium 26, Amdec Blitze 17; Paul Roos 26, Boland Landbou 17. Bowl: Hermanus 31, Overberg 19; Paarl Barbarians 21, Tygerberg 12.

EINDSTRYDE - Beker: HJS Paarl 24, Monument 7. Plaat: Paarl Gimnasium 24, Paul Roos 10. Bowl: Hermanus 19, Paarl Barbarians 10. 

[powr-comments id="ba9a7357_1568013415619"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.