Waterkloof en sy direkteure trek nuwe baadjies vir 2020 aan

Written by Hannes Nienaber

NewsGKlofieDirekteurs School of Rugby | Waterkloof en sy direkteure trek nuwe baadjies vir 2020 aan  - School of RugbyDie Hoërskool Waterkloof het tydens 'n spoggeleentheid sy nuwe sportdirekteure bekend gestel. Dit is nie net Klofies wat 'n nuwe baadjie met die bekendmaking van die sportdirekteure aangetrek het nie. 

Die skoolhoof, Chris Denysschen, het ook onthul dat Klofies se bestuur voortaan in 'n blink nuwe gewaad rond paradeer. Waterkloof het vroeër vanjaar al sy direkteursposte geadverteer en huidige direkteure moes weer aansoek doen indien hulle die poste wou behou. 

Die skool se nuwe rugbydirekteur, Lukas Holtzhausen, het die taak om die Blou Tornado weer teen storm sterkte te laat woed. Die vorige direkteur van rugby was Leon Coetzer. 

Holtzhausen was die afgelope paar jaar by Oakdale Landbou net buite Riversdal as sportwetekenskaplike betrokke. Waterkloof se adjunkhoof: Sport en Koshuis, Cobus van Dyk, het vroeër vanjaar vanaf Ermelo hom by Klofies aangesluit. 

Van Dyk was ook vanjaar die SA Skole-rugbyspan se hulpafrigter. 

Waterkloof se nuwe direkteur van netbal is René Straeuli. Sy was voorheen by Menlopark se netbal betrokke. Haar dogter Rieze Straeuli speel vir Kovsies en die Vrystaatse Crinums. Haar man Rudolf was natuurlik 'n lid van die seëvierende Springbok-span van 1995 wat die Wêreldbeker verower het. 

Die ander direkteure wat aangestel is, is Bonnie Joyce (atletiek), Jeanie Pienaar (hokkie), Cobus Pienaar (krieket), Muller van der Nest (Kleinsportsoorte) en Alexandra Dreyer (tennis). Van der Nest het ook aangekondig dat Klofies voortaan 'n verdere drie kleinsportsoorte - visvang, rolbal en boogskiet sal beoefen. 

Van der Nest was in 1994 die haker vir Hoërskool Vrede toe hy as kampioen van die Vrystaatse Direkteurstrofee gekroon is. Die span van Vrede het spelers soos Boela du Plooy en Anton Pitout in sy geledere gehad. 

[powr-comments id="22ad50bb_1567754554521"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.