Sewes gee skop aan Humansdorp se Kouga Lentefees

Written by Hannes Nienaber

Elite7sNicoMalan_copy School of Rugby | Sewes gee skop aan Humansdorp se Kouga Lentefees  - School of RugbyDie tweede First Choice Elite Sewes-toernooi skop Vrydag tydens die Kouga Humansdorp Lentefees op die Hoërskool Nico Malan se veld af. Die toernooi en aansienlik gegroei na dit verlede jaar vir die eerste keer aangebied is. 

Al Saterdag se wedstryde word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai.

Een van die nuwelinge wat vanjaar die pad na Humansdorp aangepak het, die Hoër Jongenskool Paarl, sal 'n sterk aanspraakmaker op die titel wees. Boishaai het verlede jaar die titel as kampioen van die gesogte Marius Schoeman Sewes-toernooi gedra.  Die span van die Paarl sal die toernooi in Humansdorp as voorbereiding gebruik om volgende week sy titel te probeer verdedig. 

Boishaai kan sterk teenstand van veral Outeniqua, Oakdale Landbou, Framesby en Noord-Kaap verwag. Die span van die Paarl is in Groep C saam met Noord-Kaap, Itembelihle en Graeme-kollege geloot. 

Outeniqua is saam met die Hoërskool Grens, HTS Daniël Pienaar en Framesby in Groep A geloot. In Groep B sal die gasheer, Nico Malan, sake teen St Andrew's College van Grahamstad, 'n Port Elizabeth Uitnodiging-span en Brandwag van Uitenhage sake uitspook. 

In Groep D sal Oakdale Landbou teen Grey High School van Port Elizabeth, Humansdorp Sekondêr en Despatch te staan kom. Die eindstryd van die toernooi sal om 17:15 plaasvind.

Indien jy nie deel van die makietie op Humansdorp kan wees nie, skakel gerus in via DigiTV.co.za om al die aksie regstreeks te volg.  

Die bepalings: 

Vrydag, 30 Augustus 2019

16:00 - Outeniqua vs Hoërskool Grens; 16:20 - Nico Malan vs St Andrew's College; 16:40 - Hoër Jongenskool Paarl vs Noord-Kaap; 17:00 - Oakdale Landbou vs Humansdorp Sekondêr. 

Saterdag, 31 Augustus 2019

08:00 - Framesby vs HTS Daniël Pienaar; 08:18 - Brandwag (Uitenhage) vs PE Uitnodigingspan; 08:36 - Graeme-kollege vs Noord-Kaap; 08:54 - Grey High School vs Despatch; 09:12 - Outeniqua vs HTS Daniël Pienaar; 09:30 - St Andrew's College vs PE Uitnodigingspan; 09:48 - Hoër Jongenskool Paarl vs Itembelihle; 10:06 - Oakdale Landbou vs Despatch; 10:24 - Framesby vs Hoërskool Grens; 10:42 - Brandwag (Uitenhage) vs Nico Malan; 11:00 - Noord-Kaap vs Itembelihle; 11:18 - Grey High School vs Humansdorp Sekondêr; 11:36 - Outeniqua vs Framesby; 11:54 - St Andrew's College vs Brandwag (Uitenhage); 12:12 - Hoër Jongenskool Paarl vs Graeme-kollege; 12:30 - Oakdale Landbou vs Grey High School; 12:48 - Hoërskool Grens vs HTS Daniël Pienaar; 13:06 - Nico Malan vs PE Uitnodigingspan; 13:24 - Itembelihle vs Graeme-kollege; 13:42 - Despatch vs Humansdorp Sekondêr.

[powr-comments id="4ce15bbf_1567156534874"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.