Velties net-net baas in Groot Interjol in Upington

Written by Hannes Nienaber

NewsGVelties School of Rugby | Velties net-net baas in Groot Interjol in Upington - School of RugbyDie Hoërskool Upington se eerstespan het sy aartsvyand Duineveld waarskynlik 'n reuse guns tydens die twee skole se jaarlikse Groot Interjol in Upington bewys.

Die Velties het naelskraaps met 25-24 as oorwinnaars van die veld gestap, maar dit nie weer so oortuigend soos vroeër vanjaar tydens die Klein Interjol (43-5) nie. 

Duineveld is vanjaar die voorste skolespan in die Noord-Kaap en Uppies se afrigters, J-Ell Slabbert, Jacques Swanepoel en Bone Boonzaaier, sal baie tevrede wees oor hoe hul span die seisoen afgesluit het. 

Duineveld kom Vrydag op Tafel Lager-park teen Welkom Gimnasium in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te staan. Gimmies het verlede jaar vir Duineveld met 61-7 in die eindstryd van die reeks afgestof. 

Die Velties sal dus Vrydag beter rekenskap van hul rugbyvermoë wil gee. Dis hierom dat Uppies met hul inspirerende vertoning waarskynlik 'n guns aan Velties bewys het. 

Duineveld se loskopstut, Nicky Ras, is welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Hy het deurgans die donkiewerk verrig wat sy span instaat gestel het om uiteindelik as oorwinnaars van die veld te stap. 

Die agtsteman, Muller du Plessis, het met sy spel ook 'n reuse impak op die uitslag van die wedstryd gehad. 

Vir Uppies was dit een reuse spanpoging, maar die vertoning van die binnesenter, Hein Neser, moet uitgesonder word. Hy het net meer as 'n uur voor die belangrike kragmeting ook sy skool se eerste hokkiespan tot 'n sege van 3-0 gehelp. 

Daar was 'n sterk wind van ongeveer 25 kilometer per uur in Uppies se blaaie tydens die eerste helfte en hulle het daarin geslaag om 'n skrale voorsprong van 10-8 teen rustyd te geniet. Die manne in Oranje het daarna in die tweede helfte daarin geslaag om die voorsprong tot 17-8 te rek. Velties het hierna beheer van die kragmeting geneem.

Die voormalige toetsskeidsregter, Lourens van der Merwe, het die wedstryd hanteer. 

Puntemakers: 

Duineveld 25 (8) - Drieë: Ernst Carstens, Muller du Plessis, Nicky Ras, Steph Boshoff. Doelskop: Boshoff. Strafdoel: Boshoff. Hoërskool Upington 24 (10) - Drieë: Hein Neser, Bradley Gous, FC van den Heever. Doelskoppe: Clemens Terblanche (3). Strafdoel: Terblanche. 

[powr-comments id="7efa16c8_1565534640114"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.