Griekwas bobaas teen Limpopo Blou Bulle in tawwe Craven-stryd

Written by Hannes Nienaber

Ad_Spesres School of Rugby | Griekwas bobaas teen Limpopo Blou Bulle in tawwe Craven-stryd - School of Rugby

NewsGGriekwasLimpopo School of Rugby | Griekwas bobaas teen Limpopo Blou Bulle in tawwe Craven-stryd - School of RugbyGriekwaland-Wes se o.18-rugbyspan het net te veel vaart op die punte vir die Limpopo Blou Bulle in die twee spanne se wedstryd op die tweede dag van die Cravenweek vir hoërskole in Bloemfontein gehad. Die Poubloues het die kragmeting met 35-24 gewen. 

Die span vanuit die Noord-Kaap het rustyd met 'n voorsprong van 14-0 gaan rus danksy drieë deur Elzandro Fredericks (heelagter) en Keano Windvogel (buitesenter). Daar was eintlik in die eerste helfte nie veel tussen die twee spanne te kies nie, maar elke keer wat Griekwas die bal wyd gekry het was daar perde.  

Die harde werk vir Griekwas is voorlangs deur die agtsteman, Stefan Swart, flank Quintin Immelman en die slot Herman Visser gedoen.

Die finale spyker in Limpopo se doodskis was toe sy losskakel, Divan van Zyl, 'n tweede geelkaart met nog 13 minute se speeltyd oor in die wedstryd gekry het. Van Zyl kon toe 'n vroeër stort gaan vang weens die rooikaart wat aan hom getoon is. 

Die span vanuit die Verre Noorde se hoogtepunt in die wedstryd het egter kort na dié laagtepunt gevolg. Die span se kaptein en heelagter, Brandon Cronjé, het op losskakel vir die leemte ingestaan en besluit om liewer die bal in sy doelgebied uit te gee as om die kantlyn op te soek.

Limpopo se flank Renzo du Plessis is kort daarna in besit gestel en hy het amper 90 meter genael om die drie van die Cravenweek tot dusver te gaan afrond. Du Plessis kan baie tevrede met sy vertoning voel na hy ook meeste van die lakwerk vir die verloorspan moes doen. Sy werksverrigting sou sonder twyfel 'n paar keurders regop laat sit het. 

Puntemakers: 

Griekwaland-Wes 35 (14) - Drieë: Niel Schwartz, Tlotlo Mokomela, Keano Windvogel, Elzandro Fredericks, Sello Maketlo. Doelskoppe: Corné du Plessis (3), Steph Boshoff (2). Limpopo Blou Bulle 24 (0) - Drieë:  JB du Toit, Renzo du Plessis, JT Cronjé, Matome Molebogeng. Doelskoppe: Brandon Cronjé (2).

[powr-comments id="f9b66589_1562058683607"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.