Noordvaal Bondedag van 2019 se bepalings bekend

Written by Hannes Nienaber

Noordvaal School of Rugby | Noordvaal Bondedag van 2019 se bepalings bekend - School of RugbyDie Blou Bulle sal na die jaarlikse Noordvaal Bondedag presies weet hoeveel werk nog vir hulle voorlê indien hulle 'n aanspraakmaker wil wees om vanjaar in die hoofwedstryde van die 56ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Bloemfontein wil speel.

Die Bondedag vind op 15 Junie plaas. Al die wedstryde word regstreeks deur DigiTV.co.za gebeeldsend.

Die Ligbloues kom tydens die Bondedag, wat vanjaar deur die Hoërskool Bekker net buite Magaliesburg aangebied word, teen die Vrystaat te staan. Die Vrystaters behoort vanjaar 'n sterk aanspraakmaker te wees om in die hoofwedstyrd van die toernooi op sy tuisveld te speel. Grey-kollege beklee tot dusver die boonste posisie op School of Rugby se ranglys en meeste van die spelers in die Vrystaatse span kom vanuit die rugbyfabriek. 

In die hoofwedstryd van die Noordvaal Bondedag sal die Goue Leeus teen die Sharks te staan kom. Die Vrystaters sal ook die wedstryd met belangstelling dophou want hulle kom in die Rosestad teen die Sharks op die eerste dag van die Cravenweek te staan. Die Ligbloues het die Rooibontes met 40-30 in 'n vriendskaplike wedstryd geklop. 

In die vernaamste voorwedstryd op die Noordvaal Bondedag sal die Valke en die Pumas se Cravenweek-spanne mekaar die stryd aansê. Die Limpopo Blou Bulle sal ook behoorlik getoets word deur die Goue Leeus se XV-tal wat ook later vanjaar aan die Cravenweek sal deelneem. 

Die bepalings is: 

08:30 - o.16 - Pumas vs Sharks 
09:35 - o.16 - Goue Leeus vs Limpopo Blou Bulle
10:40 - o.18 - Limpopo Blou Bulle vs Goue Leeus XV
11:50 - o.18 - Blou Bulle vs Vrystaat
13:00 - o.18 - Valke vs Pumas 
14:10 - o.18 - Goue Leeus vs Sharks

[powr-comments id="bc2a39f2_1559655089139"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.