SWD kies sy spanne vir die nasionale weke van 2019

Written by Hannes Nienaber

SWD School of Rugby | SWD kies sy spanne vir die nasionale weke van 2019 - School of RugbySoos te wagte sal wees het die Hoërskool Outeniqua en Oakdale Landbou vanjaar weer die grootste verteenwoordiging in die Suidwestelike Distrikte se span vir die Cravenweek. Die Cravenweek vir hoërskole (o.18) vind vanjaar op Grey-kollege in Bloemfontein se velde plaas. 

Outeniqua het met 11 die meeste spelers wat in die Cravenweek-groep ingesluit is. Oakdale Landbou het agt spelers in die span. Slegs vier spelers Ashaldo Kiewiet (Albertina), Rowan Jumat (George High), Zano-Lee Jonkers (Bridgton) en Blake Morgan (Heidelberg) is nie van die twee spogskole van die Suid-Kaap nie.

Albertina het self 'n trotse rugbygeskiedenis met die feit dat hy al 'n Springbok in Theo Oosthuizen (1996) opgelewer het. 

Die Volstruisboere stuur 'n onervare span na die gesogte toernooi. Slegs die flank Vernon Paulo en skrumskakel, Abré Minnie, was verlede jaar ook vir die span tydens die Cravenweek in die Paarl in aksie. Minnie is die seun van Outeniqua se breier Abré Minnie wat op sy dag ook die middelveld vir Griekwas se seniorspan beman het. Minnie sr. was ook voorheen Griekwas se agterlyn-afrigter.

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Ashaldo Kiewiet (Albertina), 14 Castin Michaels (Outeniqua), 13 Alwich van der Linde (Oakdale Landbou), 12 Tinsley Stuurman (Outeniqua), 11 Tino Singe (Oakdale Landbou), 10 Hendrik Victor (Oakdale Landbou), 9 Abré Minnie (Outeniqua), 8 Bennet Nortjé (Outeniqua), 7 Vernon Paulo (Oakdale Landbou), 6 Janus Ferreira (Oakdale Landbou), 5 Corné Rahl (Oakdale Landbou), 4 Corné Struwig (Outeniqua), 3 Neil Francis (Oakdale Landbou), 2 Leon Volschenk (Outeniqua), 1 Malcolm Joseph (Oakdale Landbou). Plaasvervangers: 16 Francois Breytenbach (Outeniqua), 17 Zander Bezuidenhout (Outeniqua), 18 Rowan Jumat (George High), 19 Blake Morgan (Heidelberg), 20 Leonardo Coetzee (Outeniqua), 21 Zano-Lee Jonkers (Bridgton), 22 Matthew Thorn (Outeniqua), 23 Chadley Josias (Outeniqua). 

Akademie-week: 15 Bladen Hector (Outeniqua), 14 Keaton Bush (Oakdale Landbou), 13 Justin Wolmarans (Bridgton), 12 Gerhard Ackerman (Outeniqua), 11 Royden Jonkers (Bridgton), 10 M Esau (Pacaltsdorp), 9 Nico Petersen (Oakdale Landbou), 8 Kaylin Cordier (Oakdale Landbou), 7 Sybrand van Dyk (Oakdale Landbou), 6 Lulama Makhusha (Punt), 5 Francois du Plessis (Langenhoven Gimnasium), 4 Dean Malherbe (Outeniqua), 3 Henry Tromp (Outeniqua), 2 Francois Cummings (George High), 1 Petrie Steyn (Oakdale Landbou). Plaasvervangers: 16 Leogan Stefaans (George High), 17 Lawrence Victor (Outeniqua), 18 Alwyn Marx (Punt), 19 MArnus Mallet (Oakdale Landbou), 20 Keith-Roy Kiewiet (George High), 21 Berthal September (Kairos), 22 Musa Kitsi (Wittedrift), 23 Matthew Stevens (Oakdale Landbou), 

Grant Khomo: 15 G Robertson (Sao Bras), 14 Rosco Seconds (Punt), 13 Simion Oosthuizen (Oakdale Landbou), 12 Johan Leonard (Outeniqua), 11 Enrique Arendse (Oakdale Landbou), 10 Morné Els (Oakdale Landbou), 9 Neil le Roux (Oakdale Landbou), 8 Philip Kleinhans (Oakdale Landbou), 7 Luddick Muller (Outeniqua), 6 Paul de Villiers (Oakdale Landbou), 5 Oliver Kurz (Outeniqua), 4 Laluma Dyanti (Outeniqua), 3 Dian Heunis (Oakdale Landbou), 2 Riaan Swart (Oakdale Landbou), 1 Johan Durr (Oakdale Landbou). Plaasvervangers: 16 Elzaine Terblanche (Outeniqua), 17 P Kitete (Outeniqua), 18 Lawrence Berton (Outeniqua), 19 A Adams (Outeniqua), 20 J Jansen (George High), 21 D van Rensburg (Outeniqua), 22 R Tenteni (Outeniqua), 23 D van Briessies (Sao Bras). 

[powr-comments id="179f39c2_1557741487229"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.