Vossies en Marais Viljoen beklink seges in die doodsnikke in Virsekerbeker

Written by Hannes Nienaber en Franco Oberholzer

NewsGBenVorster School of Rugby | Vossies en Marais Viljoen beklink seges in die doodsnikke in Virsekerbeker - School of RugbyBen Vorster en Marais Viljoen het daarin geslaag om seges in die doodsnikke van hul onderskeie kragmetings in die Virsekebeker se Plaat-afdeling teen Eldoraigne en Zwartkop te behaal. 

Albei wendrieë is deur die twee spanne se binnesenters, Franco Broodryk (Ben Vorster) en Bernard Ronan (Marais Viljoen) behaal. 

Die wendrie was Broodryk se tweede in sy span se oorwinning van 30-25 op Tzaneen. Dit was van die begin af duidelik dat dit n vinnige en fisieke wedstryd gaan wees.

Albei spanne was vining uit die blokke en het goeie aanvalspatrone gewys, onnodige foute het egter gelei dat nie een van die twee spanne kon afrond nie.

Eldoraigne se kookwater vaskop stut Barend Bezuidenhout was die eerste om toe te slaan met n drie vanaf n puik rolmaalbeweging. Die losskakel, Waldo Noeth, het die drie vervyf om aan Eldos 'n voorsprong van 7-0 te gee.

Ben Vorster het nie lank daarna teruggeslaan nie, met die haker Shaun Mulder wat oorgebars het vir vyf punte. Die Vossies het met 'n voorsprong van 13-10 gaan rus. 

Ronan het met nog 'n minuut se spel oor in sy span se sege van 35-28 oor Zwartkop deur 'n gaping geglip en oor die doellyn vir die wendrie gebars. Albei spanne het gesukkel om aan die gang te kom en dit was 'n tipiese wipplankstryd. 

Sy direkte teenstander, Dieter Groenewald, het 'n blink vertoning in die eerste helfte gelewer, maar dalk 'n paar keer te lank in die tweede helfte aan die bal geklou. Marais Viljoen was sonder sy sterlosskakel, Rehan le Maitre, maar sy skoene is goed deur Anru Pienaar volgestaan. Pienaar het die agterlyn seepglad weggestuur, terwyl die heelagter, Derik van Zyl, se skopskoen vir niks verkeerd gestaan het nie. 

Van Zyl het ook buiten sy lang lynskoppe 'n hele paar keer gevaarlike gelyk wanneer hy aansluiting by die agterlyn gevind het. Die slot Stiaan Smit het voorlangs gewoel. 

Montana se Franco Stassen was op sy stukke in sy span se sege van 33-14 oor Hoërskool Rustenburg. Stassen het 23 punte tot sy span se oorwinning bygedra en hom tot bo-aan die Virsekeerbeker se Plaat-afdeling se puntelys gehelp. 

Die Hoërskool Nelspruit se Rhinos was met 21-14 in 'n strawwe kragmeting oor Kempton Park in Mbombela baas. 

Puntemakers: 

Ben Vorster 30 (13) - Drieë: Franco Broodryk (2), Shaun Mulder, Meyer Vorster, Nathan van den Heever. Doelskop: WC Kriel. Strafdoel: Kriel. Eldoraigne 25 (10) - Drieë: Barend Bezuidenhout, Luhan Oosthuizen, Divan Immelman. Doelskoppe: Waldo Noeth (2). Strafdoele: Noeth (2). 

Hoërskool Nelspruit 21 - Drieë: Janrico Vermeulen, Adriaan Swart, Nico Liversage. Doelskoppe: Gideon Grobbelaar (3). Kempton Park 14 - Drie: . Strafdoele: .

Marais Viljoen 35 (21) – Drieë: Stiaan Smit, Marno Herbst, Dhane Dippenaar, Derik van Zyl, Bernard Ronan. Doelskoppe: Derik van Zyl (5). Zwartkop 28 (23) – Drie: Dieter Groenewald, Damian Rabie, Keanu Coetzee. Doelskoppe: Groenewald (2). Strafdoele: Groenewald (3).

Montana 33 - Drieë: Franco Stassen (2), Ronan Gamble, Jooste Nel. Doelskoppe: Stassen (2). Strafdoele: Stassen (3). Hoërskool Rustenburg 14.

Ander spanne: 

o.16: Marais Viljoen 27, Zwartkop 26; Nelspruit 47, Kempton Park 17; Montana 32, Rustenburg 19; Ben Vorster 59, Eldoraigne 0.

o.15: Zwartkop 41, Marais Viljoen 7; Montana 13, Rustenburg 0; Ben Vorster 16, Eldoraigne 10; Nelspruit 40, Kempton Park 5.

o.14: Marais Viljoen 41, Zwartkop 0; Ben Vorster 26, Eldoraigne 10; Montana 18, Rustenburg 14; Nelspruit 17, Kempton Park 7.

[powr-comments id="5060afb0_1557666056973"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.