Kloof skok Monnas se Wit Bulle vir die tweede jaar in 'n ry

Written by Hannes Nienaber

NewsGWaterkloof School of Rugby | Kloof skok Monnas se Wit Bulle vir die tweede jaar in 'n ry - School of RugbyDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Waterkloof het vir 'n opskudding gesorg toe hy vir Monument van Krugersdorp met 28-21 in Pretoria in die Virsekerbeker verslaan het. 

Klofies kan amper  aanspraak daarop maak dat hulle die Wit Bulle se paaiboelie is. Die Blou Tornado het verlede jaar tydens 'n Premier Interschools-kragmeting ook vir Monnas op sy tuisveld, die Ras van Rooyen-veld, met 28-26 verras. 

Klofies het in die eerste helfte daarin geslaag om 'n stewige voorsprong van 23-7 op te bou. Sy losskakel, Ian Trollip, het sy skopskoene aangehad en met twee doelskoppe en drie strafdoele geslaag om 'n persoonlike bydra van 13 punte te lewer.  

Monnas se sterspeler was sy flank, Rynard Mouton, wat voorlangs vir Klofies probleme besorg het. 

Garsfontein het op sy tuisveld, Bere-park, agt drieë ingeryg om HTS Middelburg met 44-27 die loef af te steek. Garsies se breiers sal egter bekommerd oor die feit wees dat hul span slegs twee van dié agt drieë kon verdoel. 

Voorlangs het Gerhard van der Merwe (vaskopstut), Manie Potgieter (haker) en John-Henry van der Linde (flank) die pap dik aangemaak. Agterlangs kan die AJ Johnson (senter) en Zeilinga Strydom (heelagter) ook tevrede met hul vertonings voel.

Helpmekaar-kollege het oor meer as genoeg skietgoed beskik om Transvalia in Vanderbijlpark met 36-7 in sy eerste wedstryd in vanjaar se reeks te verslaan. Helpies het teen rustyd 'n voorsprong van 14-0 geniet nadat hulle aanvanklik gesukkel het om aan die gang te kom. 

Die besoekers se agtsteman, Zander du Toit, was ongetwyfeld die beste speler op die veld. Hy het die bal skitterend gedra en etlike meters veld gewen. Hy het ook goed as skakel tussen die voor- en agterspelers opgetree. 

Helpies se haastige vleuel, Christiaan Bezuidenhout, het drie keer hakskene vir die verdediging gewys om 'n driekuns aan drieë te voltooi. Hy behoort vanjaar 'n kans te staan om sy eie drieërekord vir 'n seisoen vir Helpmekaar te verbeter. 

Menlopark het onder moeilike omstandighede steeds daarin geslaag om 'n bonuspunt-sege van 38-21 oor Noordheuwel in Krugersdorp te gaan haal. Die span van Pretoria het op 'n nat veld 'n voorsprong van 31-14 teen rustyd opgebou. 

Die Parkies se senterpaar, Ruan Oosthuizen en Niel Beukes, was uitstaande en het die grootste aandeel tot die sege gehad. Die wenspan se flank Lohan Potgieter het voorlangs gehelp om Nories se fisieke aanslag die hoof te bied. 

Puntemakers: 

Waterkloof 28 (23) - Drieë: Malcolm Langa, Armand Fleidl, Franco Groenewald. Doelskoppe: Ian Trollip (2). Strafdoele: Trollip (3). Monument 21 (7) - Drieë: Henco van Wyk, Reuben Barnard, Herschelle Goodman. Doelskoppe: Franco Hallatt (2), Byron-Lee Wentink. 

Garsfontein 44 (25) - Drieë: Jurich Claassens, Geraldo Flusk, Neil Gericke, Zeilinga Strydom, Rowan Cloete, Gerhard van der Merwe, John-Henry van der Linde, Hanru Janse van Vuuren. Doelskoppe: Cloete (2). HTS Middelburg 27 (15) - Drieë: Christiaan Vlok, Brendan Spangenberg, Francois Pretorius, Quintino October. Doelskoppe: Alec Vermaak (2). Strafdoel: Vermaak. 

Helpmekaar 36 (14) - Drieë: Christiaan Bezuidenhout (3), Sebastine Watney, Jean Slabbert, Zander du Toit. Doelskoppe: Watney (3). Transvalia 7 (0) - Drie: 

Menlopark 38 (31) - Drieë: Ruan Oosthuizen (2), Nsuku Baloyi, Niel Beukes, Gerhard van der Bijl, Keanan Wessels. Doelskoppe: Marcelle Deysel (4). Noordheuwel 21 (14) - Drieë: Sergio Moreira, Bradley Heunis, Maurice Marlks. Doelskoppe: Juan Nieuwenhuizen (3). 

Ander spanne: 

o.16: Menlopark 29, Noordheuwel 15; Monument 53, Waterkloof 20; Transvalia 22, Helpmekaar 22; HTS Middelburg 68, Garsfontein 27.

o.15: Monument 19, Waterkloof 13; Menlopark 24, Noordheuwel 5; Helpmekaar 35, Transvalia 17; HTS Middelburg 20, Garsfontein 5.

o.14: Helpmekaar 15, Transvalia 3; Monument 46, Waterkloof 7; Garsfontein 17, HTS Middelburg 7; Menlopark 6, Noordheuwel 3.

KYK WEER NA DIE VOLGENDE WEDSTRYDE OP Digi_TV_Logo_PNG School of Rugby | Kloof skok Monnas se Wit Bulle vir die tweede jaar in 'n ry - School of Rugby

GarsieTV School of Rugby | Kloof skok Monnas se Wit Bulle vir die tweede jaar in 'n ry - School of Rugby o.19A 

Garsfontein vs HTS Middelburg 

https://digitv.co.za/#/video/8840/10457/Vod 

KlofieTV School of Rugby | Kloof skok Monnas se Wit Bulle vir die tweede jaar in 'n ry - School of Rugby o.19A Waterkloof vs Monument
https://digitv.co.za/#/video/8841/10458/Vod

[powr-comments id="c714d281_1557648507994"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.