Die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie (Afdeling 1) is waarskynlik een van die taaiste skolerugbyligas in Suid-Afrika.
Vanjaar se liga sal op Saterdag, 15 Mei afskop met agt van die nege skole wat tydens die eerste ronde wedstryde in aksie sal wees. Die kampioen, Ben Vorster van Tzaneen, sal na Pretoria reis om teen Montana sy aanslag om sy titel te behou af te skop.
Die Vossies het in 2019 vir Eldoraigne naelskraaps met 37-36 uitgestof om as kampioen gekroon te word. In 2020 was daar...