Du Plessis generaal in Grey se sege oor Garsfontein

Written by Hannes Nienaber

NewsGGeorgeCronje School of Rugby | School of RugbyGrey-kollege van Bloemfontein en Garsfontein het die toeskouers verskeie oomblikke gegee om die twee spanne uitbundig te ondersteun tydens hulle wedstryd tydens die Noord/Suid-toernooi op Menlopark se hoofveld hier.

Grey het uiteindelik met 43-31 as oorwinnaars van die veld gestap, maar moes dalk ‘n tikkie harder vir die sege werk as wat die telling aandui. Grey het met die omdraaislag ‘n voorsprong van 19-12 geniet na Garsfontein vroeër die voortou met 12-5 geneem het.

Dit was veral Grey se losskakel, Zander du Plessis, wat met sy spel beïndruk het. Veral sy vaardighede na ‘n reënbui met ongeveer drie minute se speeltyd oor in die eerste helfte uitgesak het.

Die reën het Garsies se gevaarlike agterhoede vir ‘n tydperk hok geslaan, voordat die son weer agter die wolke uitgeskuif het. Grey se binnesenter, Franco Smith, asook die vleuel Ian Small-Smith het goeie vertonings gelewer.

Voorlangs het die vaskopstut, Herman Aggenbach, genoeg gedoen dat dit duidelik is, dat hy ‘n speler is om vir die toekoms dop te hou.

Vir Garsies was Niemand beter as sy skrumskakel, Jurich Claassen, nie. Die span se SA Skole-senter, Diego Appollis, het ook met stukkies individuele briljanthjeid vorendag gekom en twee skitterende drieë gedruk.

EG Jansen se afrigter Len Olivier moes rustyd hard gepraat het, want sy span het in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel om Durbanville met 43-28 te troef. Durbies het rustyd met 28-17 voorgeloop.

Die gasheer, Menlopark, het waarskynlik nie verdien om Outeniqua van George in die hoofwedstryd naelskraaps met 20-19 uit te oorlê nie. Parkies se skrumskakel, Bernard van der Linde, het met ‘n skerp breekslag van ongeveer 45 meter in die doodsnikke gaan afrond om sy span se agterstand tot slegs ‘n enkele punt op 19-18 laat krimp. Hy het ook die doelskop oorgeklits om aan sy span die sege te besorg.

Outeniqua se buitesenter en sterspeler, Darren Fortuin, is slegs drie minute voor die einde koelkas toe gestuur. Fortuin het met vier strafdoele en ‘n doelskop 14 van sy span se punte aangeteken.

Monument het ook eers in die tweede helfte vlam gevat om Stellenberg met 41-19 te troef. Paarl Gimnasium het Waterkloof met 57-20 verslaan.

Ná die eerste twee dae van die Kearsney College Paastoernooi net buite Durban kan daar nie meer twyfel wees dat Glenwood vanjaar sonder twyfel onder die voorste spanne in die land sal tel nie.

Glenwood het gister vir Dale College met 39-0 uit die pad gevee. Op die eerste dag moes hy egter hard werk op die Donkies van HTS Drostdy met 29-26 die loef af te steek. Drostdy het vanjaar ‘n gedugte span en het gister 22-14 met Welkom Gimnasium klaargespeel.

Durban High School met die uitmuntende agtsteman, Celimpilo Gumede, het ook twee goeie seges oor Selborne College (16-13) en HTS Middelburg (33-19) behaal.

Jeppe het op die eerste dag van die King Edward VII Paastoernooi daarin geslaag om wraak teen Ben Vorster van Tzaneen te neem. Jeppe was naelskraaps met 29-26 baas na hy nie in sy twee vorige kragmetings teen Ben Vorster daarin kon slaag om ‘n oorwinning te behaal nie.

Ben Vorster was verlede jaar met 19-13 tydens die einste Paastoernooi se laaste dag baas. Die Vossies het ook in 2016 met Jeppe se droomspan met 34-19 op Ellispark tydens ‘n vriendskaplike wedstryd afgereken.

Hudson Park wat later vanjaar aan die Wildeklawer-toernooi vir die eerste keer gaan deelneem het belofte op die eerste dag met ‘n sege van 47-26 oor Eldoraigne getoon, maar gesukkel om Marais Viljoen (23-22) te klop.

Dit is jammer dat die twee voorste spanne op vanjaar se St John’s College Paastoernooi, Paul Roos Gimnasium en Helpmekaar-kollege nie swaarde sal kruis nie.

Helpmekaar moes wel op die eerste dag hard werk om St John’s College met 7-3 te klop. Helpies het nie verdien om die wedstryd te wen nie.

Helpmekaar het gister ratte verwissel om Windhoek Gimnasium met 33-19 te klop. Paul Roos het sy twee teenstanders tot dusver – die Goue Leeus XV-tal (78-10) en HTS Daniël Pienaar van Uitenhage (68-5) behoorlik afgeslag.

AL DIE UITSLAE: 

NOORD/SUID-TOERNOOI

Dag 1: Monument 26, Boland Landbou 25; Paarl Gimnasium 54, EG Jansen 32; Garsfontein 50, Outeniqua 22; Menlopark 32, Stellenberg 10; Waterkloof 22, Durbanville 17.

Dag 2: Grey-kollege 43, Garsfontein 31; EG Jansen 43, Durbanville 28; Monument 41, Stellenberg 19; Paarl Gimnasium 57, Waterkloof 20; Menlopark 20, Outeniqua 19.

KEARSNEY COLLEGE PAASTOERNOOI kort 1

Dag 1: Glenwood 29, HTS Drostdy 26; HTS Middelburg 26, Kearsney College 25; Welkom Gimnasium 28, Noord-Kaap 3; Pretoria Boys’ High 14, Queen’s College 10; Durban High School 16, Selborne College 13; Framesby 15, Dale College 5.

Dag 2: HTS Drostdy 22, Welkom Gimnasium 14; Glenwood 39, Dale College 0; Kearsney College 20, Noord-Kaap 11; Durban High School 24, Queen’s College 7; Framesby 13, Pretoria Boys’ High 10; Selborne College 33, HTS Middelburg 19.

ST JOHN’S COLLEGE PAASTOERNOOI

Dag 1: Helpmekaar 7, St John’s College 3; HTS Daniël Pienaar 28, Florida 22; Hilton College 10, Hoërskool Nelspruit 8; St Davids 24, Eye of Tiger 19; Paul Roos Gimnasium 78, Goue Leeus XV 10; St Alban’s College 26, Windhoek Gimnasium 17.

Dag 2: Paul Roos Gimnasium 68, HTS Daniël Pienaar 5; Hilton College 15, St John’s College 12; Helpmekaar 33, Windhoek Gimnasium 19; Hoërskool Nelspruit 29, St Davids 17; Florida 31, Eye of Tiger 5; St Alban’s College 28, Goue Leeus XV 12.

KING EDWARD VII PAASTOERNOOI

Dag 1: Jeppe 29, Ben Vorster 26; King Edward VII 28, Westville Boys’ High 20; Marlow Landbou 39, Marais Viljoen 10; Northwood 50, Muir College 7; Wynberg Boys’ High 49, Noordheuwel 7; Hudson Park 47, Eldoraigne 26.

Dag 2: Wynberg Boys’ High 23, King Edward VII 17; Grey High School 30, Maritzburg College 15; Hudson Park 23, Marais Viljoen 22; Ben Vorster 38, Northwood 28; Eldoraigne 22, Westville Boys’ High 12; Muir College 48, Noordheuwel 3.

ST STITHIAN’S COLLEGE PAASTOERNOOI

Dag 1: SACS 35, Maritzburg College 7; St Andrew’s College 24, Michaelhouse 15; Kingswood College 30, St Stithians College 30; Bishops 27, Grey High School 10; Clifton 26, Graeme College 0; Rondebosch Boys’ High 35, Parktown Boys’ High 12.

Dag 2: Bishops 35, St Stithians College 7; SACS 34, Michaelhouse 10; Jeppe 21, Marlow Landbou 13; Graeme College 16, Parktown Boys’ High 15; Rondebosch Boys’ High 15, Kingswood College 10; St Andrew’s College 31, Clifton 29.

OAKDALE LANDBOU RUGBYWEEK

Dag 1: Oakdale Landbou 31, Cherries 19; Zwartkop 19, Diamantveld 12; Hermanus 24, Jeugland 22; Duineveld 27, Potchefstroom Gimnasium 25; Lichtenburg 48, Wilgerivier 8; Montagu 60, Augsburg Gimnasium 12; Hoërskool Upington 20, Wesvalia 17; Brandwag (Uitenhage) 31, Hoërskool Klerksdorp 3; Voortrekker 22, St Charles College 17; Labori 30, De Aar 24; Overberg 13, Strand 10; Landboudal 25, Robertson 0; Hoërskool Rustenburg 24, Hoërskool Bellville 15; Langenhoven Gimnasium 17, Oosterlig 12; Kempton Park 35, Hugenote (Wellington) 14.

Dag 2: Oakdale Landbou 38, Lichtenburg 0; Diamantveld 52, Potchefstroom Gimnasium 5; Hoërskool Rustenburg 20, Voortrekker 12; Hoërskool Upington 21, Kempton Park 10; Duineveld 26, Hermanus 17; Langenhoven Gimnasium 65, Labori 7; Landboudal 26, Overberg 24; Brandwag (Uitenhage) 39, Zwartkop 34; Bredasdorp 17, Wilgerivier 5; Oosterlig 26, Augsburg Gimnasium 5; Hugenote (Wellington) 14, Hoërskool Klerksdorp 14; Strand 36, Wesvalia 14; Hoërskool Bellville 45, Jeugland 0; Cherries 38, St Charles College 0; De Aar 10, Robertson 7; Old Mutual XV-tal 52, Montagu 14.

TONY STOOPS RUGBYFEES

Dag 1: Brackenfell 27, New Orleans 14; Bellville-Suid 26, Paulus Joubert 5; Klein Nederburg 29, Swartland 17; Schoonspruit 45, Oudtshoorn 14; Vredenburg 45, Montana 22; Lutzville 38, Ashton Sekondêr 24; Porterville 35, Hottentots-Holland 14; HTS Bellville 27, Sutherland 0; Groenberg 24, Weston 0; Hoërskool Langenhoven 22, Emil Weder 3; Hopefield 26, Otto du Plessis 7; Hoërskool Tygerberg 34, Bridgton 7; Dirkie Uys 35, Groendal 17; Piketberg 10, De Kuilen 0; Cederberg Akademie 19, Knysna 19; Monumentpark 24, Alexander Road 10.

Dag 2: Hoërskool Tygerberg 40, Schoonspruit 21; Brackenfell 38, Klein Nederburg 3; Piketberg 24, Jan Kriel 17; Vredenburg 20, Lutzville 17; Swartland 42, Hottentots-Holland 0; Paulus Joubert 10, Ashton Sekondêr 7; Bellville-Suid 29, Dirkie Uys 0; Hopefield 47, Bridgton 6; Cederberg Akademie 31, Sutherland 26; Knysna 22, Emil Weder 19; De Kuilen 19m Weston 17; New Orleans 43, HTS Bellville 10; Groenberg 49, Monumentpark 33; Groendal 17, Alexander Road 17; Porterville 17, Oudtshoorn 17; Hoërskool Langenhoven 27, Otto du Plessis 27.

Dag 2: Diamantveld 52, Potchefstroom Gimnasium 5; Hoërskool Rustenburg 20, Voortrekker 12; Hoërskool Upington 21, Kempton Park 10; Duineveld 26, Hermanus 17; Langenhoven Gimnasium 65, Labori 7; Landboudal 26, Overberg 24; Brandwag (Uitenhage) 39, Zwartkop 34; Bredasdorp 17, Wilgerivier 5; Oosterlig 26, Augsburg Gimnasium 5; Hugenote (Wellington) 14, Hoërskool Klerksdorp 14; Strand 36, Wesvalia 14; Hoërskool Bellville 45, Jeugland 0; Cherries 38, St Charles College 0; De Aar 10, Robertson 7; Old Mutual XV-tal 52, Montagu 14.

X

Right Click

No right click